Gebasseer op die gedig geskryf deur Toon van den Heever.
In die Hoëveld, waar dit oop is en die hemel wyd daarbo,
Waar ‘n mens nog vry kan asemhaal en aan ‘n God kan glo,
In die Hoëveld, waar dit wyd is, waar jy baie ver kan sien,
(die ylblou bring ‘n knop dan in jou keel),
Dan sweef ek na die Hoëveld op die wind
Ek is Donique van Schaik. Ek voel ewe tuis in Suid-Afrika as in Nederland. Ek dink en droom in Afrikaans, maar geniet ten volle van die Nederlandse kultuur en gewoontes. Elke winter vlieg en saam met die swaeltjies terug na Afrika. Ek neem 'n leë tas saam om dit vol inpirasie te pak en herleef weer die mooi as ek terug in Nederland is. Ek word geïnspireer deur die Suid-Afrikaanse blou lug, die growwe teksture, digkuns en die plekke waar my voorvaders vroeër was. Nederland het weer soveel verskillende skakerings van groen en die mees dramatiese wolke. In my kuns verbind ek die twee met mekaar. Vir my persoonlik, het omgewings 'n direkte invloed op my gemoed. Ek streef altyd om 'n omgewing mooier en positiewer te maak. Met kuns kan mens mooier, positiewer en inspirerende omgewings skep.